Voortplantingstelsel

Hierdie artikel handel oor die voortplantingstelsel van alle soorte organismes, insluitend mense. Vir inligting spesifiek vir mense, sien Menslike voortplantingstelsel.

Die voortplantingstelsel van 'n organisme, is die biologiese stelsel wat bestaan uit al die anatomiese organe betrokke by geslagtelike voortplanting. Baie nie-lewende stowwe soos vloeistowwe, hormone en feromone is ook belangrike bykomstighede tot die voortplantingstelsel.[1] Anders as die meeste orgaanstelsels, het die geslagte van gedifferensieerde spesies dikwels beduidende verskille. Hierdie verskille maak voorsiening vir 'n kombinasie van genetiese materiaal tussen twee individue, wat die moontlikheid van groter genetiese fiksheid van die nageslag moontlik maak.[2]

  1. Introduction to the Reproductive System, Epidemiology and End Results (SEER) Program. Geargiveer 24 Oktober 2007 op Wayback Machine
  2. Reproductive System 2001 Body Guide powered by Adam

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search